Liza Se Klavier
Ek het 'n vriendin
Ver by die blou see
Teen die hang van Tafelberg
As die son sak
Speel sy die mooiste melodieë
Haar vingers ken die pad
Opgesluit in wit en swart
Die klavier se grootste vreugde, hartseer en verlange
Verstaan die hart se diepste smart
Ja, die hele wêreld word stil
En luister in die donker uur
Na die naggeluide van Liza se klavier
Ja, die hele wêreld word stil
En luister in die donker uur
Na die naggeluide van Liza se klavier
Liza kannie ophou
As sy eers begin het nie
Sy laat my nooit huistoe loop of afskeid neem
Voor my laaste sigaret nie
Ek staan op haar balkon
Drink haar appelkoostee
Kyk uit na Kaapstad in die nag
Die liggies
En die swart, swart see
Ja, die hele wêreld word stil
En luister in die donker uur
Na die naggeluide van Liza se klavier
Ja, die hele wêreld word stil
En luister in die donker uur
Na die naggeluide van Liza se klavier
En onder op die sypaadjie
Sien ek die bergie en sy maat
En staan op en opkyk ver na bo
Vannuit die vullis
Van Oranjestraat
Hulle ken al lank die klanke
Wat uit haar woonstel stroom
Lank na twaalf met die deure oop, al moan die bure ookal hoe
Word Liza elke boemelaar se droom
Ja, die hele wêreld word stil
En luister in die donker uur
Na die naggeluide van Liza se klavier
Ja, die hele wêreld word stil
En luister in die donker uur
Na die naggeluide van Liza se klavier