Lady Van Die Bo-Dorp [2]

ANDRE LE ROUX DU TOIT

Ek het jou op Facebook ontmoet al was jy vreeslik goed opgevoed
Op jou foto lyk jy tog te cute, in die Afrikaanse Hollywood
Met jou eerste brief was ek vol moed, jy sê jy hou van mans wat ruik na Brut
En daar's 'n vissie op jou kar se boot, mens sou nooit kon sê jy's ook van Goodwood
Jy's ook van Goodwood

Ons het Bybelversies uitgeruil met sms'e en email
Jy't geskryf jy hou van JJ Cale, maar Koos Kombuis se songs is gans te vuil
Dis so moeilik om jou mood te peil, die kleinste ou dingetjies laat jou huil
Al die krimenele uit op bail, dis hoogtyd ons stuur vir Slang van Zyl
Of Mike Bolhuis
Of Slang van Zyl

Jy's my lady van die Bo-Dorp, jy verstaan
My lady van die Bo-Dorp, maar ek is nie seker of jy wel bestaan
Jy's my quality en class, jy maak liefde sonder om te raas
Ek wens ek was 'n wynboer met 'n plaas
Want dis wat ek vir jou gesê het ek is

Almal sê van my ek's net 'n gwar, my familie kom van wie weet waar
Ons het nog nooit gehoor van caviar, ons koop ons doos wyn by die Spar
Maar al is my vriende moerse bar sal my ma en pa jou dalk aanvaar
Want jy haat die fokken swart gevaar en daai band, Fokof Polisiekar
Fokof Polisiekar

Jy's my lady van die Bo-Dorp, jy bestaan
My lady van die Bo-Dorp, maar ek is nie seker of jy rerig verstaan
Jy's my quality en class, jy maak liefde sonder om te raas, net 'n kliek van die muis
Ek maak nooit 'n ander pass

My lady van die Bo-Dorp, dit promise ek vir jou
Solank jy net 'n virgin bly sal ek altyd van jou hou

Sê net ja, ons kan mos more trou, dan is ek jou man en jy my vrou
Ons kan in Kleinmond gaan vakansie hou
En 'n fake toskaanse huis laat bou
Met 'n braaiplek onder die prieel

Jy kan slaai maak met jou voorskoot geel
So 'n lewe sal my nooit verveel
Ons kan kinders by doesyne teel
Ek sal elke week die lotto speel
'n Pensioenfonds is ook opsioneel

Kan jy dit sien, kan jy dit ook verbeel, of is ons vriendskap net virtueel?
Is dit net virtueel?

Jy was my lady van die Bo-Dorp en nie rerig verstaan nie
My lady van die Bo-Dorp, jy't ook nie rerig bestaan nie, jy was 'n ou man met 'n reënjas
Jy dink ek kom dit nou eers agter, dis fokken laat, toemaar (My quality en class, jy maak liefde sonder om te raas)
Maar ek wens nogsteeds sommer ek was 'n wynboer met 'n plaas
Want dan kan ek vir my 'n regte girlfriend gaan kry

Curiosità sulla canzone Lady Van Die Bo-Dorp [2] di Koos Kombuis

Quando è stata rilasciata la canzone “Lady Van Die Bo-Dorp [2]” di Koos Kombuis?
La canzone Lady Van Die Bo-Dorp [2] è stata rilasciata nel 2009, nell’album “Koos Kombuis”.
Chi ha composto la canzone “Lady Van Die Bo-Dorp [2]” di di Koos Kombuis?
La canzone “Lady Van Die Bo-Dorp [2]” di di Koos Kombuis è stata composta da ANDRE LE ROUX DU TOIT.

Canzoni più popolari di Koos Kombuis

Altri artisti di