Die Porfeet
Jy was die man met die mantel
Die profeet van die lig
Hy was die stem wat roep
Sonder gesig
Niemand het hom ooit gesien nie
Of geweet hoe hy lyk
Niemand het verstaan
Dat hy na binne kyk
Daar was geen ander mense, geen troos vir sy pyn
Net die sand en net die wind en net die son wat skyn
Veertig jaar
Veertig jaar
Veertig jaar in die woestyn
Vir veertig jaar
Veertig jaar
Het hy oud geword soos wyn
Hy't elke nag geslaap in die lig van die maan
Hy't geleef van die dou
En so nou en dan 'n sprinkaan
So het hy sy liedjies geskryf om vir homself te sing
Hy't gewag vir die woorde wat kan vryheid bring
Elke aand kom die tunes
Wat in die oggend weer verdwyn
So plant hy sy gedigte in 'n klipperige tuin
Veertig jaar
Veertig jaar
Veertig jaar in die woestyn
Vir veertig jaar
Veertig jaar
Het hy oud geword soos wyn
Jy was die man met die mantel
Die profeet van die waarheid
Hy was die stem wat breek
Oor die end van die tyd
Maar niemand wou mos luister nie of hoor wat hy sê
Net die rotse en die grietjies en sy eie skaduwee
Hy was die man wat roep, hy roep vir groot en klein
Hy was die mystic boer en nou's hy die harlekyn
Veertig jaar
Veertig jaar
Veertig jaar in die woestyn
Vir veertig jaar
Veertig jaar
Het hy oud geword soos wyn
Het hy oud geword soos wyn
Het hy oud geword soos wyn