Boer In Beton
Ek's 'n Afrikaner in die stad
Ek dra my masker soos 'n kat
Deur donker stegies en geboue
Vat vyf, my broer, vat vat
En iewers in my onderbewussyn
Sien ek nog die Karoo sonskyn
Hoor ek die grensdrade se gesing
Voer ek die kabouters in my tuin
Ek rook ingevoerde fags
Ek lees engelssprekende mags
Ek gaan nooit kerk toe nie
Want dis 'n drag
Maar ek's 'n boer in beton soos Oom Paul op ou Kerkplein
Niemand weet van my pyn
Want ek is goed vermom
Ek's 'n boer in beton
Iewers in my klink die stem
Van Strydom, Verwoerd en die knipmeslem
Van patriotisme wat nog flits
Al maak ek Sondae vuur met blits
Elke voorvader 'n pionier
En ek weet ek hoort nie hier
Ek sit in laatnag kroeë rond
Maar ken nie meer die reuk van grond
Daar's iewers velde wat nog roep
Daar's iewers nog 'n boerestoep
Die Groot Trek oor die oop Savanna
Die blink loop van 'n Sanna
Ja, ek's 'n boer in beton soos Oom Paul op ou Kerkplein
Niemand weet van my pyn
Want ek is goed vermom
Ek's 'n boer in beton
Ek's 'n boer in beton
Daar's 'n ketel wat nog kook
Daar's 'n kampvuur wat nog rook
Daar's vrouens wat nog ween
En uitlanders wat brande stook
En ek is net so vreemd soos jy
In hierdie stad van vyfery
Hier tussen wolkekrabbers waar speedcops speed en karre ry
My handpalms is wit soos jy
Ek bedel troos waar ek kan kry
In hierdie land van blik en glas
Is ek 'n mens in sak en as
Ek's 'n boer in beton soos Oom Paul op ou Kerkplein
Niemand weet van my pyn
Want ek is goed vermom
Ek's 'n boer in beton