Dis befok
Jy maak my happy
(Jy's befok)
Elke dag as ek kan huis toe kom, befok
Al my liefde in een mens gestort, befok
Jy maak my happy soos 'n stywe top, befok
Oe jy's befok
Elke smile wat jy smile, elke dimpel wat jy maak
Elke geluidjie as jy probeer met my te praat
Elke sniffel elke kots elke snotjie in jou neus
Elke huil, elke vroeg opstaan die easy-ste van vrees
Elke tandjie, elke foutjie, elke poefie in jou doek
Elke voetjie, elke handjie, elke kniekoppie vol bloed
Elke purity en aanmaak melk en warm water kook
Elke kopseer, elke hoesie, elke oggend ogies oop
Al die min slaap, niks meer inslaap, elke fok sy is weer op
Elke blame it, elke moue, elke liewe Barbie pop
Al die dummies en die bottles al die fone is gekou
Elke liewe fokken dag is ek net liewer vir jou
Elke project wat ek aanvat, elke repainted ou suite
Elke sent wat ek spandeer is om jou happy te sien
Ek was 'n skelm en 'n skollie en 'n semi-alkoholis
Nou's ek vyf uur in die oggend nog vol bepanthem en vol pis (Befok)
Elke dag as ek kan huis toe kom, befok
Al my liefde in een mens gestort, befok
Jy maak my happy soos 'n stywe top, befok
Oe jy's befok
Ek was rof en onbeskof fok ek's seker still the same
En nou't ek my rond fok weerhou vir 'n hele ander game
Ek was bang dit gaan kak wees, maar damn dis fokken fun
Elke aand wat ek 'n show speel is dit na jou wat ek verlang
Elke foto op my selfoon, elke af show vir my pels
Elke keer wat ek my tjommies afpis en hulle als vertel
Elke liewe conversation oor hoe duk advanced jy is
Elke keer as ek mense vertel jy's n fokken genius
Ek kan dit nie hanteer nie, jy's net so blêrrie cute
Ek's so in love met jou en elke foutjie in jou voet
Elke liewe keer as jy my snor se hare uit uittrek
Elke keer as jy eh maak as ek net gaan lê het in die bed
Elke suggie, elke poepie, elke baby go for kos
Elke geiriteerde huil as jy wil hê ek moet jou los
Elke keer as ek jou optel en jou armpies om my vou
Goeie blêrrie donner ek's net so fokken lief vir jou (Befok)
Elke dag as ek kan huis toe kom, befok
Al my liefde in een mens gestort, befok
Jy maak my happy soos 'n stywe top, befok
Oe jy's befok
Jy's befok
Jy's befok
Jy's befok