Snor City
Dagsê liewe mense, ek is vandag jou gids in Pretoria
Ons is op soek na net een skoon bolip in Pretoria
Want dit is die stad met geen bolip glad, dis Pretoria
Oral in die strate is die fans van Country plate in Pretoria
Hoe verder ek loop, hoe minder raak my hoop in Pretoria
Dit lyk vir my 'n snor is meer nodig as a tjor in Pretoria
Hul ry 'n Ford Snortina en hul eet snorgasbord in Pretoria
As ek 'n terroris was sou ek 'n snorbom ontwerp het vir Pretoria
Sit, slaap, eet, drink, dink, dit raak mal
Sit, slaap, eet, drink, dink, dit raak mal
Sit, slaap, eet, drink, dink, dit raak mal
Sit, slaap, eet, drink, dink, dit raak mal
In Pretoria
O, Mnr Snortjé, ek sien jou weer en weer in Pretoria
Daar's iets in die lug, dit trek die haar uit jou gesig in Pretoria
Elke man se bek ly van die skadu van die gek in Pretoria
O, my liewe aarde, ek het te lank gepraat, op my lip is nare hare
In Pretoria
In Pretoria
In Pretoria
Snor city!