Huppel In Jou Stap

Twee en veertig grade in my kraag vandag
Ten minste twintig knoppe in my keel
Ekke sal dit nie veel langer af kan veg
Maar hoekom wil ek vra ek myself sag?

Een en twintig maande sit jy oorkant my
En nege uur ‘n dag maak jy my lam
Dit voel asof jou oë my gaan onderkry
Toe tel ek al die tekens saam en skielik voel ek baie skaam want

Ek sien ‘n huppel in jou stap vandag
En jy bloos as ek vir jou glimlag of net groet
Vergeet jou naam as jy met my kom praat
Moenie skrik nie as ek jou hand vat en jou soen

Sewe maal ‘n dag maak jy jou hare reg
En daardie was die dertiende glimlag
Hoeveel dae het ek vir hierdie kans gewag?
Nou tel ek al die tekens saam en skielik voel ek baie skaam want

Ek sien ‘n huppel in jou stap vandag
En jy bloos as ek vir jou glimlag of net groet
Vergeet jou naam as jy met my kom praat
Moenie skrik nie as ek jou hand vat en jou soen

Vier en twintig uur soek ek jou net hier
Meer as honderd jaar bly ons bymekaar
Ons hoort bymekaar

Ek sien ‘n huppel in jou stap vandag
En jy bloos as ek vir jou glimlag of net groet
Vergeet jou naam as jy met my kom praat
Moenie skrik nie as ek jou hand vat en jou soen

Ek sien ‘n huppel in jou stap vandag
En jy bloos as ek vir jou glimlag of net groet
Vergeet jou naam as jy met my kom praat
As ek jou hand vat en jou soen

Canzoni più popolari di Dewald Louw

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)