In Jou Siel

Net soos die eerste keer streel ek my lippe oor jou lyf
Net soos die eerste keer moet ek my hart aan jou bewys
Net soos die eerste keer sit ek alleen en wag vir jou
Die somer reën bring al sy sorge en die wind lê so benoud

Maar ek dans in die drome van my hart en dink aan jou
Die mure kraak tot in die skadus van die lewe se onthou
Jy’t my hart gesteel en nou verdwyn ek in jou siel (Verdwyn ek in jou siel)

Dis kwart voor twee en my flat is leeg want my gedagtes lê by jou
Die TV blêr met duisende geheime van die liefde en sy kou
Ek kan nie lees want elke boek en woord herinner my aan jou
Die wildste passies van my hart wil ek my als in jou omvou (In jou omvou)

Maar ek dans in die drome van my hart en dink aan jou
Die mure kraak tot in die skadus van die lewe se onthou
Jy’t my hart gesteel en nou verdwyn ek in jou siel (Verdwyn ek in jou siel)

Roep die stemme van die lewe se plesier
Roep die wêreld gaan sy winde jou wegstuur? (Winde jou wegstuur)

Maar ek dans in die drome van my hart en dink aan jou
Die mure kraak tot in die skadus van die lewe se onthou

Maar ek dans in die drome van my hart en dink aan jou (En dink aan jou)
Die mure kraak tot in die skadus van die lewe se onthou (Se onthou)
Jy’t my hart gesteel en nou verdwyn ek in jou siel
Nou verdwyn ek in jou siel

Canzoni più popolari di Dewald Louw

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)