Hoor Hoe Brom Die Wind

Hoor hoe brom die wind om ons huis vanaand
Hoor hoe brom die wind om ons huis
Daar’s varkies in die bone ons slaap trippe trappe trone
Hoor hoe brom die wind om ons huis

Hoor hoe blaas die wolf by die hek vanaand
Hoor hoe blaas daai wolf by die hek
Jakkals nooi vir gansie kom eet vanaand by my
Hoor hoe blaas die wolf by die hek

En ek kan rock in my taal
Ek maak amok in my taal
Ek kan jou skok in my taal
Ja en ek kan rock in my taal

Hoor hoe brom die leeu langs die bed vanaand
Hoor hoe brul die leeu langs die bed
Skilpad wen vir hasie daar’s geen treine langs die stasie
Hoor hoe brul die leeu langs die bed

En ek kan rock in my taal
Ek maak amok in my taal
En ek kan skok in my taal
Ek kan jou rock in my taal

Van Riebeeck vaar tot in Saldanha baai

Voel hoe beef die grond waar ons huisie staan
Voel hoe beef die grond waar ons staan
Daars ‘n apie op ‘n stokkie voor my ma se agterdeur
Voel hoe beef die grond waar ons staan

Ek kan rock in my taal (Ek kan rock in my taal)
Ek maak amok in my taal (Ek maak amok in my taal)
En ek kan skok in my taal
O en ek kan rock in my taal

My asem gly deur my taal (Gly deur my taal)
Ek word verlei in my taal
Ek wil jou vry in my taal
Ja en ek kan rock in my taal

Ek maak lawaai in my taal (Ek maak lawaai in my taal)
Ek raak so kwaai in my taal (Kwaai in my taal)
Jy maak my mal in my taal
O en ek rock in my taal

Canzoni più popolari di Dewald Louw

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)