Oor Die Grense

Ons sal uitreik oor die grense
Oor al wat skeiding maak
En ons sal streef na Jesus' liefde
Ja ons sal sing dat Hy regeer

Kom ons breek die sonde bande
Met liefde dien ons mee
Wys aan die wêreld Jesus lewe
Van oos na wes, van mens tot mens

Ons sal aarby in Sy wingerd
Ons sal werk in Sy lig
Soms mag ons saai met hartseer trane
Maar ons sal oes met 'n groot gejuig

Nie meer lank dan kom die Here
Ons Jesus, Lam van God
Dan kom Hy haal uit elke nasie
Sy duurgekoopde, bloed gewasde, liefling bruid
Almal sal buig voor Hom, ons God, die Koning Heer
Elkeen sal weet dat Hy regeer

My hart is vol, gevul met liefde
Met admirasie vir my God
U Majesteit, my inspirasie
My siel is vry, my gees wil sing vir Hom

Hy leef in lig, in Hom geen duister
Daarom kan Hy jou siel verlig
Buig net jou hart na Sy vergifnis
En Hy ontvang jou as Sy kind in Hom

Nie meer lank voor ons Hom sien nie
Ons Broer, ons Heer en God
Ja elke mens wat leef op aarde
Sal moet buig, erken Hy's God
Ja ons sal buig voor Hom, ons God
Ons sal buig voor Hom, ons God
Voor Hom, ons God

Canzoni più popolari di Danie Botha

Altri artisti di Gospel