Was Nie Die Spykers

Dit was nie die spykers
Dit was nie die haat
Dit was nie soldate
Nie ons goed of die kwaad

Dit was net Sy liefde
Net die liefde wat kan
Kon die Liefling van die Hemel
Aan 'n kruishout ophang

Almal het afgedwaal, elkeen op sy weg
Niemand was regverdig, selfs die bestes net sleg
Maar Hy buig Hom neer in liefde, Hy kom en word 'n kneg
Gehoorsaam aan Sy Vader, verdien Hy ons gereg

Dit was nie die spykers
Dit was nie die haat
Dit was nie soldate
Nie ons goed of die kwaad

Dit was net Sy liefde
Net die liefde wat kan
Kon die Liefling van die Hemel
Aan 'n kruishout ophang

Nou is ons vry in Jesus' Naam
Nou kan ons rein voor Vader staan
Verseƫl deur die Heilige Gees
Sonder skaamte, sonder vrees

Besef dit was Sy liefde
Ek weet dat onsself nie kan
Maar ek weet nou met my lewe
Het my Vader 'n plan

Want dit was nie die spykers
En dit was nie die haat
Dit was nie soldate
Nie ons goed of die kwaad

O dit was net die liefde
Net die liefde wat kan
Kon die Liefling van die Hemel
Aan 'n kruishout ophang
Kon die Liefling van die Hemel
Aan 'n kruishout hang

Canzoni più popolari di Danie Botha

Altri artisti di Gospel