My Hart Het Gebrand

Moab en Ammon, Filistyn en Romein
Die dag van my God skud die hele domein
Harte beswy van benoudheid en vrees
Hy wat ontken die Seun in die vlees

Ek het jou woorde gehoor
Ek het jou trots gesien
Die spot in jou mond
Teen die bloed van My Seun

Waar sal jy gaan?
Waarheen sal jy vlug?
Want die dag van wraak brand reeds in die lug

Maar my hart het gebrand om jou myne te maak
Net goegheid en guns in jou mond te kon smaak
Jou siel te verkwook met die waters van rus
As jy net my Seun kon omhels met 'n kus

Jy roem teen die dakke en jy hou jouself groot
Jy raas en baklei teen Israel en Jood
Wie het gekies en wie het bewaar?
Sou ek tog my plan met my volk kon laat vaar

Draai om, draai om op die wee van die dood
Verneder jouself uit die greep van die dood
Ek ruk jou uit duister na die Ewige Lig
My Gees in jou dra al die gewig

Maar my hart het gebrand om jou myne te maak
Net goegheid en guns in jou mond te kon smaak
Jou siel te verkwook met die waters van rus
As jy net my Seun kon omhels met 'n kus

Canzoni più popolari di Danie Botha

Altri artisti di Gospel