Kers In Die Wind
Ek skryf vir jou die vrese vers
Daar loop 'n traan in die baard van die kers
Stom is my skaduwee saam teen die muur
Die liefde het seer en die eensaamheid duur
Met wit angelier en gekleurde krisant
Praat 'n man uit a ver, ver land
Angelier is sy lied en kristant sy robyn
Hy sê vir jou ook hy het pyn
Kom, sê die een, en die ander een bly
Tussen in jy net een kan jou kry
Die wit angelier en gekleurde krisant
Dié voer jou weg na 'n ver, ver land
Ek sien 'n dag van afskeid kom
My woorde wyk en ek groet jou stom
Ek slyp 'n robyn en ek kweek 'n krisant
Die gode weet ek verloor my verstand
Ek skryf nogsteeds aan my liefdesvers
Daar loop 'n traan in die baard van die kers
My skadu snik met die roerende wind
Soos ek snags na jou soek met 'n kers in die wind
Ek sien 'n dag van afskeid kom
My woorde wyk en ek groet jou stom
Ek skryf nogsteeds aan die vresevers
Daar loop 'n traan in die baard van die kers
My skadu snik met die roerende wind
Soos ek snags na jou soek met 'n kers in die wind