Hier Is My Lewe

Heilig, heilig my hande o Heer
Heilig my hande om U Naam te kan eer
Heilig my voete, my hart en verstand
Dat ek kan wandel op die heilige pad

Ek wil U loof (Ek wil U loof)
Uit 'n heilige hart
Ek wil U eer (Ek wil U eer)
Soos die Gees my leer

Hier is my lewe
Hier is my hart
Hier is my lewe
Ek kom lê dit nou neer

Open my ore om U fluistering te hoor
Reinig my denke in die wêreld verloor
Gee my die krag om nou biddend te staan
Gedryf deur die waarheid, die Woord en U Naam

Ek wil U loof (Ek wil U loof)
Uit 'n heilige hart
Ek wil U eer (Ek wil U eer)
Soos die Gees my leer

Hier is my lewe
Hier is my hart
Hier is my lewe
Ek kom lê dit nou neer

Hier is ek Here met my hele bestaan
Nuutige mens met my foute en al
Gebruik wat U kan al is ek niks Heer
Gebruik wat U kan, kom verander my meer

Ek wil U loof (Ek wil U loof)
Uit 'n heilige hart
Ek wil U eer (Ek wil U eer)
Net soos die Gees my leer

Hier is my lewe
Hier is my hart
Hier is my lewe
Ek kom lê dit nou neer
Hier is my lewe
Ek kom lê dit neer

Canzoni più popolari di Danie Botha

Altri artisti di Gospel