Glo Jy?

Glo jy in die Here?
Verlang jy na die lewe van more?
Dra jou liefde die vrese van ander?
Deel jy ander se hartseer sorge?

Glo jy in die Here?
Kan jy deel in die vreugde van more?
Kan jou vriende op jou staat maak?
Kan hul peil trek op die leier van more?

Leef julle net vir jouself?
Wou jy alles net hê?
Trap jy op almal wat swaar kry?
Of deel jy, deel jy?

Glo jy net in Jesus?
Dra jou liefde vriende wat swaar kry?
Sal hul op kyk na jou lewe?
Sal hul strewe om voluit te lewe?

Glo jy nou in Jesus?
En verlang jy na die vreugde van more?
Kan jou vriende op jou staat maak?
Kan hul peil trek op die leier van more?

Vriende deel my vreugde
En verlang na die sonskyn more
Maak die waarheid jou siel's begeerte
Om te lewe in die lig
Om te lewe in die lig

(En verlang na die sonskyn more)
(Maak die waarheid jou siel's begeerte)
(Om te lewe in die lig)

(In jou donkerste dae sal Hy daar wees)
(Sal Sy oë jou vrede gee)
(Al jou verlange, al jou begeertes)
(Hy sal verstaan)
(Hy sal verstaan)

Canzoni più popolari di Danie Botha

Altri artisti di Gospel