Ek Wil U Loof

Gehoorsaamheid is beter as jou werke
'n Hart wat kan uitroep na God
Nederigheid word ge-eer deur die Here
'n Oog op Hom alleen gehou

Kyk na my, kom toets my o Here
Dat my paaie U weer mag bly
Skyn tog U lig oor my lewe
By U alleen is daar vrede vir my

Ek wil U loof, ek wil U dien, ek wil 'n lied vir U sing
Want U gee vrede, U bring lewe waar die mense U dien
Daarom wil ek U Grootheid besing

Aan U behoort die Hemel en die aarde
Die mensdom en die volheid daarvan
Waar U regeer is vrede op aarde
Jesus het die weg vir ons gemaak

Ek wil U loof, ek wil U dien, ek wil 'n lied vir U sing
Want U gee vrede, U bring lewe waar die mense U dien
Daarom wil ek U Grootheid besing

Eendag sal almal weet U is Koning
Elke tong sal U Grootheid bely
Elke mens in die hemel en op aarde
Sal die knie voor U alleen moet buig

Ek wil U loof, ek wil U dien, ek wil 'n lied vir U sing
U gee vrede, U bring lewe waar die mense U dien
Daarom wil ek U Grootheid besing

Ek wil U loof, ek wil U dien, ek wil 'n lied vir U sing
Want U gee vrede, U bring lewe waar die mense U dien
Daarom wil ek U Grootheid besing

Canzoni più popolari di Danie Botha

Altri artisti di Gospel