Die Woord het mens geword

Maria, geseënde vrou
Is uitgekies bo my en jou
Om Hom te dra en Hom te gee vir ons
Maria, maagd van Nasaret

In Betlehem, geen herberg nie
Die Koningskind vou sy in doeke
En in 'n krip lê sy die Een wat ons verlos
Emmanuel God met ons

Op ope velde waak herders oor skape
Van uit die Hemel sing 'n engel skare
Bring lof en eer aan Hom, vrede op aarde
Die Woord het mens geword in Betlehem

Ons Raadsman, so wonderbaar
Die sterke God, ewige Vader
Ons vredevors, die profesieë is vervul
Hy's Christus, Adonai

En wyse manne volg die ster van ver af
Hul bring geskenke, saam buig hul voor Hom neer
'n Seun vir ons gegee, Jesus die Heer
Die Woord het mens geword in Betlehem

Oor die hele aarde word Hy besing
Deur al Sy kinders wat aan Hom hulde bring
Bring lof en eer aan God, vrede op aarde
Die Woord het mens geword in Betlehem

Oor die hele aarde word Hy besing
Deur al Sy kinders wat aan Hom hulde bring
Bring lof en eer aan God, vrede op aarde
Die Woord het mens geword in Betlehem

Canzoni più popolari di Danie Botha

Altri artisti di Gospel