Deurgrond My, O God - Psalm 139

Here, U's hoog verhewe
Here, U ken ons almal
Al ons woorde
Al ons dade
Al ons denke
Dit ken U Vader

Klim ek op na die hemel
Of daal ek tot in die dode
U is daar
U is daar
U is altyd daar

Deurgrond my o God
Deurgrond en toets my hart
Weerhou my van die kwade
Lei my op die regte pad

Here, U sien dwarsdeur my
Ja U ken my
Of ek sit of staan
Waarheen sou ek gaan
Om van U Gees te vlug
Die nag is vir U dag
Die duisternis soos die lig

Here, U omsluit my
Van alle kante bewaar U my
Al my paaie, al my weƫ
Is by U bekend
Of ek reis en of ek oorbly
Waar ek my ook mag wend

Deurgrond my o God
Deurgrond en toets my hart
Weerhou my van die kwade
Lei my op die regte pad

Canzoni più popolari di Danie Botha

Altri artisti di Gospel