Bondeltjie Vreugde

'n Bondeltjie vreugde, 'n bekkie wat lag
Ogies wat glinster, handjies wat vat
Groot is ons vreugde, U het ons geseën
U is ons Here, U is die Een

Jare't gekom en die jare't gegaan
Somtyds gewonder wat is Sy plan?
Sal ons nog ons vreugde met die kinders kan deel?
Is dit Sy wil of vra ons te veel?

Mens het gepraat en die mens het gevra
Sal julle kinders jul erfnis nog dra?
Soms was ons hartseer, soms net verleë
Ons glo dis Sy wil, ons glo Hy sal gee

'n Bondeltjie vreugde, 'n bekkie wat lag
Ogies wat glinster, handjies wat vat
Groot is ons vreugde, U het ons geseën
U is ons Here, U is die Een

U is die Here, U is die Een
U is die God wat ons alles wil gee
U is die Here, U is die Een
U is ons Jesus, U het ons geseën

Nou staan ons hier langs haar wiegie so klein
Dan ja so mooi en alles so rein
Here U ken ons, ja groot is U plan
U gee die antwoord wat mense nie kan

'n Bondeltjie vreugde, 'n bekkie wat lag
Ogies wat glinster, handjies wat vat
Groot is ons vreugde, U het ons geseën
U is ons Here, U is die Een

U is die Here, U is die Een
U is die God wat ons alles wil gee
U is die Here, U is die Een
U is ons Jesus, U het ons geseën
U is ons Jesus, U het ons geseën

Canzoni più popolari di Danie Botha

Altri artisti di Gospel