Prentjies

Laat in die aand terwyl sy slaap
Die ligte is af sonder gelag sit ek hier
En ek dink aan die tyd, hoe kom ons hier?

Ons het stories vertel
Tot laat in die aand
Somtyds stil gebly
Om die vrede te bewaar, nou sit ek hier
En ek dink aan die tyd, hoe kom ons hier?

Sy't haar klere gepak
Vir 'n ander stad
Die prentjies teen die mure nou net figure in my kop
Sal die liefde ons jaag rond en bont?

Jy sit nou tans in 'n ander land
My voete nog steeds in Afrika sand, nou sit ek hier
En ek dink aan die tyd hoe kom ons hier?

As die tyd ons sou leer sou ons altwee kon keer
Die verlede te herhaal vir 'n man van staal, nog sit ek hier
En ek dink aan die tyd, hoe kom ons hier?

Sy't haar klere gepak
Vir ander stad
Die prentjies teen die mure nou net figure in my kop
Sal die liefde ons jaag rond en bont
Sal die liefde ons jaag rond en bont

Gebrande sigarette nou in die vuur
Ons ellelange praatjies van korte duur, sit ek hier
En ek wonder oor die tyd hoe kom ons hier?

Sy't haar klere gepak
Vir ander stad
Die prentjies teen die mure nou net figure in my kop
Sal die liefde ons jaag rond en bont

Canzoni più popolari di Tasché

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)