Lisa Se Klavier
Ek het ‘n vriendin vêr by die blou see
Teen die hang van Tafelberg as die son sak
Speel sy die mooiste melodieë
Haar vingers ken die pad opgesluit in wit en swart
Die klavier se grootste vreugde, hartseer en verlange
Verstaan die hart se diepste smart
Ja, die hele wêreld word stil en luister in die donker uur
Na die naggeluide van Lisa se klavier
Lisa kan nie ophou as sy eers begin het nie
Sy laat my nooit huis toe loop of afskeid neem
Voor my laaste sigaret nie
Ek staan op haar balkon en ek drink haar appelkoostee
Ek kyk na Kaapstad in die nag
Die liggies
En die swart, swart see
Ja, die hele wêreld word stil en luister in die donker uur
Na die naggeluide van Lisa se klavier
Ja, die hele wêreld word stil en luister in die donker uur
Na die naggeluide van Lisa se klavier
En onder op die sypaadjie sien ek 'n bergie en sy maat
Wat staan en opkyk, vêr na bo vanuit die vullis
Van Oranjestraat
Hulle ken al lank die klanke wat uit haar woonstel stroom
En lank na twaalf met die deure oop al moan die bure ook al hoe
Word Lisa elke boemelaar se droom