Hillbrow

Ou man sit by die straatkafees
En kyk al die mense loop heen en weer
Boemelaars raas by die wimpy bar
En fontana is oop tot laat in die aand
Kaalvoet kinders in die straat wys parkeerplek aan
En hou dan die hand en hou dan die hand
En hou oop die hand ja

En gee gee gee gee gee gee
Jou sente jou drome jou klere vol gate
Gee jou hart vir hillbrow
Ja gee jou hart vir hillbrow

In quartz straat hoor ek ‘n meisie my roep
Daar’s ‘n hare krishna wat vra wat ek soek
En ken ek vir jesus vra ‘n man op die stoep
Tussen hillbrow records en estoril books
En dis lank na twaalfuur
En die hillbrow toring stuur
Sy seine in die nag sy sein in die nag
Sy sein vir die junkies wat wag o

En gee gee gee gee gee gee
Jou sente jou drome jou toekoms vol gate
Gee jou hart vir hillbrow
Ja gee jou hart vir hillbrow

En die ligte gaan aan in die chelsea hotel
En stemme en musiek klink in elke woonstel
Ons sit in die son drink wyn
Ons survive met ‘n helse lot pyn in hierdie land ja
Kom ons drink op die een wat sy drome oorleef
Op die een wat kry wat hy vra ja

En gee gee gee gee gee gee
Jou sente jou drome jou toekoms vol gate
Gee jou hart vir hillbrow
Ja gee jou hart vir hillbrow

Curiosità sulla canzone Hillbrow di Stef Bos

Quando è stata rilasciata la canzone “Hillbrow” di Stef Bos?
La canzone Hillbrow è stata rilasciata nel 2005, nell’album “Ruimtevaarder”.

Canzoni più popolari di Stef Bos

Altri artisti di Forró