Los Alles
Ek kan nie dieper vir jou voel nie
Kan nie nog meer van my gee
Lig in die tonnel is aan die kwyn
Hoe lank voor jy verdwyn
Ek is moeg gewag, moeg gery
Op gestry, jy't doof geword vir my hart
Sukkel onder roekeloosheid van jou woord
Van jou daad daar is niks om oor te praat
Los alles hoe dit is
Los alles hoe dit is
Want ek kan daarmee leef
Sonder jou
Vat jou spoke wat my jaag
Wees 'n beter mens, laat my gaan
Ek kan nie dieper vir jou voel nie
Kan nie nog meer van my gee
Lig in die tonnel is aan die kwyn
Hoe lank voor jy verdwyn
Kom ons los alles hoe dit is
Want ek kan daarmee leef
Sonder jou
Vat jou spoke wat my jaag
Wees 'n beter mens
Kom ons los alles hoe dit is
Los alles hoe dit is
Want ek kan daarmee leef
Sonder jou
Vat jou spoke wat my jaag
Wees 'n beter mens, laat my gaan
Laat my staan