Bly Staan

Ek was al op 'n koue plek
Waar die son nie bestaan nie
Waar stemme roep
Maar daar's niemand daar nie

Ek was al deur die donker see
Deur swart oseane
My hart laat val
In my siel se trane
Maar hier's ek nou ek kry sop oor my verlede en ek weet

Die son kan weer gaan lê en ek bly staan
Die water kan maar kom en ek gaan aan
Die winde kan maar waai ek waai nie saam
En ek bly staan

O die berge kan maar val ek bly staan
Ek het my droom gaan haal en ek bly staan
My voete op 'n rots en die lewe saam
En ek bly staan

Ek ken alreeds die seerste seer
Van 'n hart wat gebreek is
Van 'n honger siel
Wat 'n leemte geweek is

En ek was ook al vas gevang
In die leun van die mensdom
'n Deur gesluit
En ek kon nie daar uit kom
Maar hier's ek nou
Ek kry sop oor my verlede en ek weet

Die son kan weer gaan lê en ek bly staan
Die water kan maar kom en ek gaan aan
Die winde kan maar waai ek waai nie saam
En ek bly staan

O die berge kan maar val ek bly staan
Ek het my droom gaan haal en ek bly staan
My voete op 'n rots met die lewe saam

Canzoni più popolari di Rudi Claase

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)