As Ek Stil Bly
Kom saam met my ek wys jou wie ek is
Jy is die son wat strale brand deur mis
Ek wag al jare lank om iets vir jou te sê
Ek weet jy wil nie regtig hê wat ek wou hê
As ek stil bly sal ek seer kry maar jy sal bly
As ek oop maak en te diep raak is jy vry
Ek weet nie of my hart nog langer stil kan bly
Ek ken jou soos wat niemand anders jou ken
Ek het al boeke vol van drome neergepen
Ek wag al jare lank om iets vir jou te sê
Ek weet jy wil nie regtig hê wat ek wil hê
As ek stil bly sal ek seer kry maar jy sal bly
As ek oop maak en te diep raak is jy vry
Ek weet nie of my hart nog langer stil kan bly
Dit maak te seer om naby maar te ver te wees
Dat ek die waarheid van my hart so vreeslik vrees
As ek stil bly sal ek seer kry maar jy sal bly
As ek oop maak en te diep raak is jy vry
Ek weet nie of my hart nog langer stil kan bly ek sal seerkry jy sal bly