Kyk Na My
Soms voel ek stukkend
Soms is ek gebreek
Nie altyd die vrou wat ek wil wees vir jou
Ons almal maak foute
En daar's iets wat almal vrees
Ek hoop nie ek hoor dit ooit by jou
Want as jy kyk na my
Sien jy darem nog iemand wat jy lief kan kry tot die einde
En as jy raak aan my
Voel jy nog die hitte soos jy langs my lê in die aande
Vir jare van nou
My in jou
Arms hou, tot ons ou dag
Net soos op ons trou dag
Soms is jy besig
Hoe meeste net nie hier
En as jy hier is, is jy soms erêns anders
Jy weet wie ek is
En jy ken my bittergoed
So bly dat jy my kies ten spyte van als wat ek is
Want as jy kyk na my
Sien jy darem nog iemand wat jy lief kan kry tot die einde
En as jy raak aan my
Voel jy nog die hitte soos jy langs my lê in die aande
Vir jare van nou
My in jou
Arms hou, tot ons ou dag, wanneer niks meer mooi is
Niks meer dieselfde
Eendag wanneer niemand anders weet wat se hel en wat se hemel ons vat
Het ons bly veg vir mekaar
Tot die einde
Ek kan sê jy's nog myne
Want as jy kyk na my
Sien jy darem nog iemand wat jy lief kan kry tot die einde
Vir jare van nou
My in jou
Arms hou, tot ons ou dag
Net soos op ons trou dag