Selfde Bed
Is daar ’n rede goed genoeg om jou net hier te los?
As ek die wêreld sou verower, sou dit ons alles kos
En is die Rand en sent die moeite werd vir jou soene deur die bos?
Nee, ek weet nie meer
Nee, ek weet nie meer
En ek sien hoe al die jare tussen ons kom lê
’n Bietjie meer in die bank maar wat het ons belê?
As die verlange wat ek voel vanaand my nie terug na jou toe dwing
Weet ek nie meer
Nee, ek weet nie meer
Want ek sien nou jou trane, gebede en pyn
Dis net God se genade wat ons hierdeur lei, en al lê ons nie meer in dieselfde bed
Ek bly lief vir jou
Ek bly lief vir jou
Het die tyd ons uit gewoonte nou verby gesteek?
En nou sit ons op ons eie weer opgeskeep
Maar daar’s reëls en regulasies waar jy is vanaand
En ek weet nie meer
Nee, ek weet nie meer
Jy vergeet die woorde wat gesê is tussen ons
Ek probeer jou te herinner maar dit is tyd gemors
En die ouderdom het jou kom haal maar dis beter waar jy is
En ek sal onthou
Ja ek sal onthou
Want ek sien al jou trane, gebede en pyn
Dis net God se genade wat ons hierdeur lei, en al lê ons nie meer in dieselfde bed
Ek bly lief vir jou
Ek bly lief vir jou
Want ek sien al jou trane, gebede en pyn
Dis net God se genade wat ons hierdeur lei, en al lê ons nie meer in dieselfde bed
Ek bly lief vir jou
Ek bly lief vir jou
As jy in die lewe voor ’n keuse staan
Volg jou hart
Want dis die dinge van die wêreld wat wil harder praat
As jy weer in jou lewe voor ’n keuse staan
Volg jou hart
Gee die liefde weer ’n rede
Want ek sien al jou trane, gebede en pyn
Dis net God se genade wat ons hierdeur lei, en al lê ons nie meer in dieselfde bed
Ek bly lief vir jou
Ek bly lief vir jou
Ek sien al jou trane, gebede en pyn
Dis net God se genade wat ons hierdeur lei, en al lê ons nie meer in dieselfde bed
Ek bly lief vir jou
Ek bly lief vir jou
Net lief vir jou