Vat My Hand
Kom vat my hand
Vat my weg van hier af ver van hier vat my siel
Ek wil nie meer sonder jou my lewe deel
Kom vat my hand
Kom tel my op
Langs ‘n droë grondpad waar ek lankal staan en wag
Vir ‘n mens soos jy wat my beter kan verstaan
Kom tel my op
Gaan wys my ‘n wêreld van water en van somersand
Gaan wys my hoe wareliefde in ‘n hart kan brand
En wys my hoe dit lyk daar aan die anderkant
Kom wys my hoe om ‘n koning te wees in jou eie land
Aan die anderkant
Bring my dan terug
Na die waarheid toe om te sien en te verstaan
Niks is ooit verniet in die lewe wat om ons aangaan
Bring my dan terug
Ek sal lig gee
Oor ons liefde in ‘n oorlog keer op keer
Jou beskerm teen die vyand niks sal met jou gebeur
Niks sal gebeur
Gaan wys my ‘n wêreld van water en van somersand
Gaan wys my hoe wareliefde in ‘n hart kan brand
En wys my hoe dit lyk daar aan die anderkant
Kom wys my hoe om ‘n koning te wees in jou eie land
Aan die anderkant (Aan die anderkant)
Donker waterstrome stukkende glas van drome
Maar ek’s bereid om weer ‘n kans te vat