Torrabaai

My vliegtuig maak ‘m wye draai oor Walvisbaai
Die ou Namib groet my
Haar sand lê wyd en ver
En by Langstrand verby deur Swakop tot op Henties
Daar by die Spitskop stop ons vir ‘n koue bier

Wo o o Torrabaai roep my en ek kom huis toe
Daar waar die tente waai en ons liefde oor die strande spoel
Wo o o Torrabaai ons kom weer na jou toe
Dis die plek waar die see en die duine lepellê
Ja dis die plek waar die see en die duine lepellê

Die skeleton hek trap die dors in ons keel vas
Want die son trek water en die manne raak almal dors
Die bote staan en wag met ‘n jaggermeister
En vanaand is die aand wat ons die kabbeljou gaan terg

Wo o o Torrabaai roep my en ek kom huis toe
Daar waar die tente waai en ons liefde oor die strande spoel
Wo o o Torrabaai ons kom weer na jou toe
Dis die plek waar die see en die duine lepellê

Met die indraai slag sien ek vir Sunday glimlag
Ou Piet met sy pyp wat ons al lankal inwag
En Oom Daantjie en Oom Jan hulle is legends hier

Maar dis die afskeid wat die meeste seermaak
En huis toe gaan met ‘n hartseer glimlag
Maar volgende jaar
Dan kom ons net weer terug

Torrabaai roep my en ek kom huis toe
Daar waar die tente waai en ons liefde oor die strande spoel
Wo o o Torrabaai ons kom weer na jou toe
Want dis die plek waar die see en die duine lepellê
Ja dis die plek waar die see en die duine lepellê
Dis die plek wat my hart gesteel het ek wil hier kom lê
By Torrabaai

Canzoni più popolari di Ray Dylan

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)