Ons Song

GERD GRABOWSKI-GRABO, ENGELBERT SIMONS, WOLFF-EKKEHARDT STEIN, SARAH THERON

Die nagte op die langpad
Die maanlig teen die blou
Die laaste week of so voel ek verlore sonder jou

Voor in die verte sien ek
Die wolke huil die reën
Ek luister na die radio voel hartseer en alleen

Ons song is op my lippe
Ons song is in my hart
En ons song se woorde laat my weer in stukke spat

Al het ek hoe gestruikel
Al sê jy kry jou ry
As ek ons song weer hoor wens ek jy was by my

Jou afdraai lê hier êrens
Dis nog ‘n myl of twee
Jou harde afskeidswoorde in my ore is jou nee nog meer

Voel ek die grondpad draai my
Jou liggis skyn daar ver
Dis net ek en die radio en ‘n ou verskietendester

Ons song is op my lippe
Ons song is in my hart
En ons song se woorde laat my weer in stukke spat

Al het ek hoe gestruikel
Al sê jy kry jou ry
As ek ons song weer hoor wens ek jy was by my

Al het ek hoe gestruikel
Al sê jy kry jou ry
As ek ons song weer hoor wens ek jy was by my
En ek sal my alles gee om jou weer terug te kry

Curiosità sulla canzone Ons Song di Ray Dylan

Chi ha composto la canzone “Ons Song” di di Ray Dylan?
La canzone “Ons Song” di di Ray Dylan è stata composta da GERD GRABOWSKI-GRABO, ENGELBERT SIMONS, WOLFF-EKKEHARDT STEIN, SARAH THERON.

Canzoni più popolari di Ray Dylan

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)