My Angel Face
Hoe bepaal 'n mens die waarde?
Miljoene mense op aarde
En ek vind jou, geluk klop aan my deur
Weet jy hoe hard ek al baklei het?
En hoe die wêreld my verlei het?
En toe kom jy, 'n wonderwerk gebeur
My angel face ek sal jou nooit verlaat
Altyd jou hart in my hande dra
Glo my my engel ek hoort by jou
Belowe jou ek's joune
My angel face as ons ons foto's kyk
Die mooiste memories van ek en jy
Dit maak nie saak wat die mense sê
Ons liefde is vir altyd
Ek dink nou terug aan al ons skooldae
'n Duisend kinders, duisend vrae
Oor waar en hoe, en wie's vir wie bedoel
As jy maar weet hoe't ek gewonder
Sou ek my lewe dalk ook sonder
Daai iemand leef wat weet net hoe ek voel
My angel face ek sal jou nooit verlaat
Altyd jou hart in my hande dra
Glo my my engel ek hoort by jou
Belowe jou ek's joune
My angel face as ons ons foto's kyk
Die mooiste memories van ek en jy
Dit maak nie saak wat die mense sê
Ons liefde is vir altyd
My angel face ek sal jou nooit verlaat
Altyd jou hart in my hande dra
Glo my my engel ek hoort by jou
Belowe jou ek's joune