Lank Gespaar Vir Jou

Ek weet ek kon meer gegee het
Maar ek moes myself gekeer het
Die lesse wat ek geleer het
Liefde is min

Trane wat droog gevloei het
Die harte wat uitgebloei het
Die prys is betaal en ons het ‘n nuwe begin

Ek gee nou alles van my
En saam word ons oud
Spandeer nou al my liefde op jou hart van goud

Ek het lank gespaar vir jou
Elke ja elke nee ek wil alles gee ek het die beste gehou
En net die beste vir jou

Ek het lank gespaar vir jou
Elke traan elke soen wat dit aan jou doen ek het die beste gehou
Ja net die beste vir jou
En hier’s ons nou

Emosie wat ek gemors het
Die tyd wat dit my gekos het
Die harte wat saam gebreek het
Als maak nou sin

Ek gee nou alles van my
En saam word ons oud
Spandeer nou al my liefde op jou hart van goud

Ek het lank gespaar vir jou
Elke ja elke nee ek wil alles gee ek het die beste gehou
En net die beste vir jou

Ek het lank gespaar vir jou
Elke traan elke soen wat dit aan jou doen ek het die beste gehou
Ja net die beste vir jou

Wat maak mens ryker as ‘n hart wat oorloop?
Jou hart wat oorloop van liefde

Hier’s ons nou

Canzoni più popolari di Ray Dylan

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)