Hier Binne - Klop 'n Boere Hart

Al het ek nie ‘n plaas nie
Ek ry darem ‘n BMW
Want my pa was mos te arm
Om ‘n plaas vir my te gee

Nou bly ek op die dorp
En ek vry maar ‘n bietjie rond
Want ek kan nie meer wag nie
Om ‘n goeie pa te word

Want hier binne hier binne
Hier binne klop ‘n boerehart
Ek soek na 'n boerebekkie
Om hierdie boerseun se hart te vat

Want hier binne hier binne
Hier binne klop ‘n boerehart
Ja ek soek na 'n boerebekkie
Om hierdie boerseun se hart te vat

Daar was mos ‘n engelse antie
En sy wou hê ek moet haar dogter trou
Excuse for me my auntie
I’m looking for a boerevrou

Nou sit ek in die kroeg op verlange
En ek wonder waar ek haar gaan kry
Mmmm my bakgat boerebekkie
Wat in my eie taal kan vry

Want hier binne hier binne
Hier binne klop ‘n boerehart
Ek soek na 'n boerebekkie
Om hierdie boerseun se hart te vat

Want hier binne hier binne
Hier binne klop ‘n boerehart
Ja ek soek na my boerebekkie
Om hierdie boerseun se hart te vat

Nou droom ek van my bekkie
Wat in afrikaans kan soen
Met die mooiste toppie en die kortste rokkie
Wat alles vir my kan doen

Want hier binne hier binne
Hier binne klop ‘n boerehart
Ek soek na 'n boerebekkie
Om hierdie boerseun se hart te vat

Want hier binne hier binne
Hier binne klop ‘n boerehart
Ja ek soek na my boerebekkie
Om hierdie boerseun se hart te vat
Ja ek soek na my boerebekkie
Om hierdie boerseun se hart te vat

Canzoni più popolari di Ray Dylan

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)