Dit Is Myne
Ek word wakker
Nog ‘n splint in my oog
Ek’s in die rug geskiet
Met wie se pyl en boog?
Dis ‘n wrede gevoel (Wrede gevoel)
Of was dit net ‘n droom?
Mag ek oor begin?
Dan ek begin ek weer skoon
Dit is myne
Dis my hart wat jy so tart
Dit is myne
Dis my siel wat jy verniel
Dit is myne
Dis my lewe dis my besluit
Dit is myne
Dis wie ek is
Ek is moeg gedra
Die wêreld raak soms so swaar
Daar’s ‘n knop in my keel
As u na my staar (Na my staar)
Dis die honger in my
Die honger van ‘n kind
Om stil te wees
Tot die waarheid my vind
Dit is myne
Dis my hart wat jy so tart
Dit is myne
Dis my siel wat jy verniel
Dit is myne
Dis my lewe dis my besluit
Dit is myne
Kyk ek staan hier
En dis donker om my
Ek’s gemartel
Met jou leuens en vreedheid
Dis ‘n wrede gevoel
Of was dit net ‘n droom?
Mag ek oor begin?
Dan begin ek weer skoon
Dit is myne
Dis my hart wat jy so tart
Dit is myne
Dis my siel wat jy verniel
Dit is myne
Dis my lewe dis my besluit
Dit is myne
Dis wie ek is