Volmaak - Jòvan se Liedjie

So lank het ek vir jou gewag
Nou lê jy in my arms, veilig, sag
'n Douvars bondeltjie, 'n skat
Toegevou in liefde, lied van my hart

Alles van jou is volmaak
Ek wens ek kon vir altyd oor jou waak
Verhoed dat iemand jou seer maak
Want alles van jou is volmaak

In stil geheim het jy gegroei
Soos lig deur 'n kristal het jy gegloei
Jou hele menswees laat my leef
Jy's die engel saam met wie ek sweef

Alles van jou is volmaak
Ek wens ek kon vir altyd oor jou waak
Verhoed dat iemand jou seer maak
Want alles van jou is volmaak

Ek weet
Jy is net vir my geleen
Maar tog bly dit steeds die grootste seën

Want alles van jou is volmaak
Ek wens ek kon vir altyd oor jou waak
Verhoed dat iemand jou seermaak
Want alles van jou is volmaak

Canzoni più popolari di Pieter Koen

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)