Droom Van My Geluk
Was ook verlief, verlore, verdwaald
Nes 'n kind geen gevare ken
Altyd maar opsoek na jou
Die hele wêreld deel met een groot wens
Maar net 'n wens, jy's deel van my lewe
Maar net 'n mens, jy's deel van my
Jy was vir my die een droom waarin ek kon glo
Want in jou oë as jy my aankyk sien ek die droom van my geluk
En elke keer as jy
Net saam met my lag, weet ek dat jy nie weg sal gaan
Dat ek jou nie sal laat gaan
Jy is die wil, my wil om te gee
Jy is die rede vir my om te leef
En in die nag is ek ook somsyds bang
Die hemel weet hoe ek na jou verlang
Maar net 'n wens, jy het my leer lewe
Met elke lag, was jy by my
Jy praat die taal, die taal wat sê, jy's lief vir my
Want in jou oë as jy my aankyk sien ek die droom van my geluk
En elke keer as jy
Net saam met my lag, weet ek dat jy nie weg sal gaan
Dat ek jou nie sal laat gaan
Jy is die vrede wat my hart na verlang
Hou my vas en laat my nooit weer gaan
Want in jou oë as jy my aankyk sien ek die droom van my geluk
En elke keer as jy
Net saam met my lag, weet ek dat jy nie weg sal gaan
Dat ek jou nie sal laat gaan
Dat ek jou nie sal laat gaan