Wys My Jou Hart

Wys my jou hart
Wys my jou hart

Vertel my hoe jy voel
Vertel my wat jy dink
Ek wil jou beter ken
Ek wil jou graag verstaan
Kan ons die oomblik deel?
Of vra ek nou te veel?
Wys my jou hart

Vertel my wat jou pla
Miskien kan ek help dra
Ek wil jou hartseer ken
Ek wil jou pyn verstaan
Sou jy my in kan laat?
Dalk eendag met my praat?
Wys my jou hart

Want as jy wegdraai staan ek leeg (As jy wegdraai)
Voel ons liefde tevergeefs (Ons liefde)
As jy wegdraai skree my siel (Skree my siel)
Wat ons het word nou verniel
Wys my jou hart
Wys my jou hart

Wel ek sien dit in jou oë
Ek hoor dit aan jou stem
Daar’s 'n huiwer in jou stap
'n Hartseer in jou lag
Jy kan dit nie versteek
Ek weet daar’s iets verkeerd
Wys my jou hart

Ek deel my hart met jou
Jy kan my ook vertrou
Ek weet jy’t seer gekry
Dit bly mos hier by my
Jy behoort te weet teen nou
Ek bly getrou aan jou
Wys my jou hart

Want as jy wegdraai staan ek leeg (As jy wegdraai)
Voel ons liefde tevergeefs (Ons liefde)
As jy wegdraai skree my siel (Skree my siel)
Wat ons het word nou verniel
Want as jy wegdraai staan ek leeg (As jy wegdraai)
Voel ons liefde tevergeefs (Ons liefde)
As jy wegdraai skree my siel (Skree my siel)
Wat ons het word nou verniel
Wys my jou hart
Wys my jou hart
Wys my jou hart
Wys my jou hart

Vertel my hoe jy voel
Vertel my wat jy dink
Ek wil jou beter ken
Ek wil jou graag verstaan
Kan ons die oomblik deel?
Of vra ek nou te veel?

Curiosità sulla canzone Wys My Jou Hart di Nianell

Quando è stata rilasciata la canzone “Wys My Jou Hart” di Nianell?
La canzone Wys My Jou Hart è stata rilasciata nel 2010, nell’album “Sand & Water”.

Canzoni più popolari di Nianell

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)