Wense
Mag die son se helder strale altyd oor jou skyn
Die maan vir jou geluk bring soos die beste vonkelwyn
Mag die liefde soos die sterre, ontelbaar jou omvou
'n Melkweg vol van vrede jou in haar arms hou
Mag die winters vir jou mooi wees, al is als kamma dood
Die herfs die lewe inlei op die water, liefdesbrood
Mag die somer in jou lewe, die lente ewig duur
En Venus tot die einde haar strale na jou stuur
Mag die wingerdstok vir ewig en ewig aanhou bloei
Die vonkel uit die parskuip net aanhou, aanhou groei

Die vonkel uit die parskuip net aanhou groei