Sy Word Onthou

SONIA NEL

Haar job is huise skoon maak, wasgoed was en vee
Sy vat 'n taxi Darling toe, vanaf die see
Vandag's 'n goeie dag, sy word 'n lift gegee
Toe word daar sommer ook gestop by 'n kafee

En sy stap op 'n plaaspad met haar groceries in 'n sak
En sy lag uit haar maag want sy weet sy word onthou
Ja vandag sal haar by bly, sy sal die oomblik nooit vergeet nie
Want vandag besef sy weer sy's nie alleen nie, sy word onthou

Sy het 'n huisie by die see, sy woon alleen
En as die stilte erg raak vlug sy iewers heen
Oppad na Darling staan daar iemand in die reën
Sy laai haar op en sien hul het baie in gemeen

En sy stap op 'n plaaspad met die groceries in 'n sak
En sy lag uit haar maag want sy weet sy word onthou
Ja vandag sal haar by bly, sy sal die oomblik nooit vergeet nie
Want vandag besef sy weer sy's nie alleen nie (Sy is nie alleen)

Al is ons anders is ons eenders (Sy word onthou)
En as ons dit net kan onthou (As ons dit net kan onthou)
Sal ons mekaar met deernis raaksien (Sy word onthou)
En 'n blinker toekoms bou

Ja, 'n jaar later sien die tweetjies weer mekaar
En nêrens anders as op Darling in die Spar
Hul groet soos vriende, begin dadelik uit te vra
En vir 'n oomblik is daar niks wat hulle pla

En sy stap op 'n plaaspad met die groceries in 'n sak
En sy lag uit haar maag wat sy weet sy word onthou
Ja vandag sal haar by bly, sy sal die oomblik nooit vergeet nie
Want vandag besef sy weer sy's nie alleen nie (Altyd nie alleen nie)

En sy stap op 'n plaaspad met haar groceries in 'n sak (Groceries in 'n sak)
(En sy lag) Lag uit haar maag wat sy weet sy word onthou (Weet sy word onthou)
Ja vandag sal haar by bly, sy sal die oomblik nooit vergeet nie
Want vandag besef sy weer sy's nie alleen nie, sy word onthou

Sy word onthou
O ja

Curiosità sulla canzone Sy Word Onthou di Nianell

Quando è stata rilasciata la canzone “Sy Word Onthou” di Nianell?
La canzone Sy Word Onthou è stata rilasciata nel 2010, nell’album “Sand & Water”.
Chi ha composto la canzone “Sy Word Onthou” di di Nianell?
La canzone “Sy Word Onthou” di di Nianell è stata composta da SONIA NEL.

Canzoni più popolari di Nianell

Altri artisti di Middle of the Road (MOR)