Ek Soek Na Jou

Vir liefde was ek blind
Ek was die dominee se kind en jy sou bly
Bly vir my

My Pa sou jou beloon
Ons sou langs die plaas kon woon maar jy’t gery
Sonder my

En die perdekar se spore trek ‘n lyn (Trek ‘n lyn)
Ja die perdekar se spore trek ‘n lyn
Trek ‘n lyn

Ek soek na jou ek soek na jou en ons lewe saam
Ek soek na jou en ons kiekies in my fotoraam
Ek soek na jou ek soek na jou en ons lewe saam
Ek soek na jou en al ons plaaspad drome saam
Ek soek na jou

My ma stik nog jou soom
My boetie vra waar’s daai oom maar jy’t verdwyn
In daai reguit lyn

Ou Frik van langsaan sê
Dat jy meer as ek wou hê en hy is reg
Want jy is weg

Wat bly dan nou oor ek’t jou verloor?
Ja wat bly dan nou oor ek’t jou verloor?
Jou verloor

Ek soek na jou ek soek na jou en ons lewe saam
Ek soek na jou en ons kiekies in my fotoraam
Ek soek na jou ek soek na jou en ons lewe saam
Ek soek na jou en al ons plaaspad drome saam
Ek soek na jou

Ek soek na jou ek soek na jou en ons lewe saam
Ek soek na jou en ons kiekies in my fotoraam
Ek soek na jou ek soek na jou en ons lewe saam
Ek soek na jou en al ons plaaspad drome saam
Ek soek na jou
Ek soek na jou

Curiosità sulla canzone Ek Soek Na Jou di Nádine

Quando è stata rilasciata la canzone “Ek Soek Na Jou” di Nádine?
La canzone Ek Soek Na Jou è stata rilasciata nel 2011, nell’album “Eindeloos”.

Canzoni più popolari di Nádine

Altri artisti di Pop rock