Alweer Iemand Anders
Ek loop in die strate
Kyk in die vensters
Lees die berigte
Sien jou gesigte
Ek kan dit nie glo nie
Alweer iemand anders
Gaan niemand dan eendag jou lewe verander?
Jou lewe verander?
Jy het nie werklik geweet
Of jy my omgee en liefde kon meet
Jy wou nie wag nie ek weet
Daarom kon jy my so maklik vergeet
Oe van my vergeet
Soms as ek terug dink aan jou
Koester ek oomblikke net saam met jou
My vriendskap opreg soos 'n kind
Joune soos sade verwaai in die wind
Ek loop in die strate
Kyk in die vensters
Lees die berigte
Sien jou gesigte
Ek kan dit nie glo nie
Alweer iemand anders
Gaan niemand dan eendag jou lewe verander?
Jou lewe verander?
As roem van die lewe jou kry
Beskadig jou denke en jy dink jy's vry
Daar is so min van jou oor
Niks maak meer saak nie, jy't baie verloor
Jy het so baie verloor
Ontwaak uit jou drome vir nou
Jy leef vir die oomblik maar jy moet onthou
Jy raak te maklik bekoor
Maar jy het nou nog 'n rondte verloor
Ek loop in die strate
Kyk in die vensters
Lees die berigte
Sien jou gesigte
Ek kan dit nie glo nie
Alweer iemand anders
Gaan niemand dan eendag jou lewe verander?
Jou lewe verander?
Ek loop in die strate
Kyk in die vensters
Lees die berigte
Sien jou gesigte
Ek kan dit nie glo nie
Alweer iemand anders
Gaan niemand dan eendag jou lewe verander?
Jou lewe verander?
Ek loop in die strate
Kyk in die vensters
Lees die berigte
Sien jou gesigte
Ek kan dit nie glo nie
Alweer iemand anders
Gaan niemand dan eendag jou lewe verander?
Jou lewe verander?