Wilde Aalwyn

Op die derde dag het die Skepper gesê
In jou sal die bitter van die landskap lê
En die mense van Kamieskroon het beaam
Oral waar jy gaan neem jy swaarkry saam

Maar kyk net, kyk hoe vlam jou dros se drosse rooi
As die winterson sy lyn oor Namakwaland gooi
Maar kyk net, kyk hoe vlam jou dros se drosse rooi
As die winterson sy lyn oor Namakwaland gooi

Wilde aalwyn teen die berg se hang
Jy laat my hart na een vout verlang
Swaarkry, seerkry, alle pyn verdwyn
Diep in Junie as jou bloeityd verskyn
Diep in Junie as jou bloeityd verskyn

Ou aalwyn, jy wat bo rotse uit troon
By jou lê die mooiste deel van Kamieskroon
Jou bitter sap is heuning kleur
En jou dik ou lyk dra 'n aardse geur

Maar kyk nou net hoe vlam jou dros se drosse rooi
As die winterson sy lyn oor Namakwaland gooi
Maar kyk nou net hoe vlam jou dros se drosse rooi
As die winterson sy lyn oor Namakwaland gooi

Wilde aalwyn teen die berg se hang
Jy laat my hart na een vout verlang
Swaarkry, seerkry, alle pyn verdwyn
Diep in Junie as jou bloeityd verskyn
Diep in Junie as jou bloeityd verskyn

Jy vra nie meer as om hier te bly
Waar jou mense vir 'n beter toekoms stry
Maar elke keer teen die middel van die jaar
Vergeet hul gou van jou bitter blaar

Want kyk net, kyk hoe vlam jou dros se drosse rooi
As die winterson sy lyn oor Namakwaland gooi
Want kyk nou net hoe vlam jou dros se drosse rooi
As die winterson sy lyn oor Namakwaland gooi

Wilde aalwyn teen die berg se hang
Jy laat my hart na een vout verlang
Swaarkry, seerkry, alle pyn verdwyn
Diep in Junie as jou bloeityd verskyn
Diep in Junie as jou bloeityd verskyn

Swaarkry, seerkry, alle pyn verdwyn
Diep in Junie as jou bloeityd verskyn
Diep in Junie as jou bloeityd verskyn

Canzoni più popolari di Manuel Escorcio

Altri artisti di African music