Wals Van Die Engele
Ek sit gisteraand laat en sing saam met vriende
Daar was vreugde en vure en vrede
Daar sit ‘n ou man alleen by ‘n tafel
Asof hy eerder iewers anders wou wees
Ek vra hom, Oom kan ek ‘n lied vir jou speel?
Iets spesiaal wat jy graag wil hoor?
Hy kyk toe op na my en hy glimlag
O sy oë kon die seer nie meer keer
Hy vra speel my die wals van die engele
Dan sluit ek my oë en onthou
Speel net die wals van die engele
Dat ek kan dans met my engel vanaand
Hy sê ja ek onthou dis die lied seun
Dis die een wat sy so graag sou wou hoor
Dit het gespeel die dag toe sy ja sê
Dit het gespeel die dag toe ons haar neerlê
Hy vra speel net die wals van die engele
Dan sluit ek my oë en onthou
Speel net die wals van die engele
Dat ek kan dans met my engel vanaand
Dat ek kan dans met my engel vanaand