Toe Stop My Hart

Johan Vorster

Ek het gedroom van 'n plek
Waar die son nooit gaan set
Jy was daar in 'n tronk
En ek moes jou kom red
My baby
Met als wat ek het
My baby

En ek mis jou vanaand
In hierdie hel van 'n plek
Mis jou te veel om te sê
Ek voel 'n mes teen my nek
En my asem raak min
My baby
Ek vra jou maak gou
My baby

Toe stop my hart
Toe stop my hart by jou
Ek het vêr geloop vir jou
Ek het lief geword vir jou

En in my hart
Is daar 'n plek gehou
Ek sal vir jou alles gee
Ek sal jou trane wegvee
Dit alles vir jou

Daar was te veel om te sê
Te veel wat jy nie wou weet
Maar spyt kom altyd te laat
Ek sou jou nooit kon vergeet
En as ek alles kon terugdraai, baby
Sou ek my wou terug waai, baby

Tot hier by my, soos dit was
Waar ons 'n lewe kon bou
Waar ek jou styf vas kon hou
Maar dis nou flenters en rou
Op jou sal ek nooit kan opgee, baby
Dit belowe ek jou, my baby

Toe stop my hart
Toe stop my hart by jou
Ek het vêr geloop vir jou
Ek het lief geword vir jou

En in my hart
Is daar 'n plek gehou
Ek sal vir jou alles gee
Ek sal jou trane wegvee
Dit alles vir jou

Want elke tree saam met jou, my baby
Los ons al die seer agter ons, baby

Toe stop my hart (Hart)
By jou
Ek het vêr geloop vir jou
Ek het lief geword vir jou

En in my hart
Is daar 'n plek gehou
Ek sal vir jou alles gee
Ek sal jou trane wegvee
Dit alles vir jou
Dit alles vir jou

Curiosità sulla canzone Toe Stop My Hart di Lianie May

In quali album è stata rilasciata la canzone “Toe Stop My Hart” di Lianie May?
Lianie May ha rilasciato la canzone negli album “Boeremeisie” nel 2009 e “Bonnie en Clyde” nel 2012.
Chi ha composto la canzone “Toe Stop My Hart” di di Lianie May?
La canzone “Toe Stop My Hart” di di Lianie May è stata composta da Johan Vorster.

Canzoni più popolari di Lianie May

Altri artisti di Country pop