Bekhou Kophou

Riana Nel

Ons sit al weer voor die TV
En wonder wie gaan wen
Die kans is goed vir 'n beker hierdie jaar

Maar daar is tog een oorwinning
Al het ons ups en downs
Om jou te hê is beter as die res

Want dit is
Bekhou kophou
En uithou, aanhou
En hand aan hand sal ons daaroor lag

Twintig jare van nou
En ek is steeds by jou
En hand aan hand sal ons daaroor lag

Jy kyk weer diep in my oë
En sê dat jy weer glo
Dat die lewe eintlik heel eenvoudig is

Dit is geloof, hoop en liefde
Bid en jammer sê
Maar sonder jou is niks die moeite werd

Want dit is
Bekhou, kophou
En uithou, aanhou
En hand aan hand sal ons daaroor lag

Twintig jare van nou
En ek is steeds by jou
En hand aan hand sal ons daaroor lag

En as die oggend kom
En jy lê nog styf hier teen my sy
En sou ek kon
Sou ek niemand anders sou wou hê

Want dis
Bekhou, kophou
En uithou, aanhou
En hand aan hand sal ons daaroor lag

Twintig jare van nou
En ek is steeds by jou
En hand aan hand sal ons daaroor lag

Want dit is
Bekhou, kophou
En uithou, aanhou
En hand aan hand sal ons daaroor lag

Twintig jare van nou
En ek is steeds by jou
En hand aan hand sal ons daaroor lag

Oh ya
Hand aan hand sal ons daaroor
Lag

Curiosità sulla canzone Bekhou Kophou di Lianie May

Chi ha composto la canzone “Bekhou Kophou” di di Lianie May?
La canzone “Bekhou Kophou” di di Lianie May è stata composta da Riana Nel.

Canzoni più popolari di Lianie May

Altri artisti di Country pop