Vergeet Om My Te Vergeet / Onthou Om Te Onthou

Die winteraand is om my
Voor die kaggelvuur se kole
Buite tjank die winde
Soos die wolwe in die berge

Teen die hortjies klap die venster
En herinner my aan die klop van jou kneukel aan my deur
Maar ek weet ook dat jy ver is en dat ek my dood verlang na jou

Vergeet om my te vergeet
Onthou om te onthou en weet dat jy altyd weet ek is lief vir jou
Vergeet om my te vergeet, onthou om te onthou, om my te onthou

Later word ek wakker
Van die koekoek-klok se deurtjie
Dis laatnag in die voorhuis
En die middernag kom nader

Teen die hortjies klap die venster
En herinner my aan die klop van jou kneukel aan my deur
Maar ek weet ook dat jy ver is en dat ek my dood verlang na jou

Vergeet om my te vergeet
Onthou om te onthou en weet dat jy altyd weet ek is lief vir jou
Vergeet om my te vergeet, onthou om te onthou, om my te onthou
Vergeet om my te vergeet, onthou om te onthou, om my te onthou

Vergeet om my te vergeet
Onthou om te onthou en weet dat jy altyd weet ek is lief vir jou
Vergeet om my te vergeet, onthou om te onthou, om my te onthou
Vergeet om my te vergeet, onthou om te onthou, om my te onthou

Vergeet om my te vergeet, onthou om te onthou, om my te onthou

Curiosità sulla canzone Vergeet Om My Te Vergeet / Onthou Om Te Onthou di Laurika Rauch

Quando è stata rilasciata la canzone “Vergeet Om My Te Vergeet / Onthou Om Te Onthou” di Laurika Rauch?
La canzone Vergeet Om My Te Vergeet / Onthou Om Te Onthou è stata rilasciata nel 1979, nell’album “Debuut”.

Canzoni più popolari di Laurika Rauch

Altri artisti di Schlager music