'n Man Stap

DAVID KRAMER

’n Man stap deur die strate, jy kan sien hy’s van die stad
Hy dra ‘n donkerbril en Calvin Klein en sy baard is kort en glad
Hy dink, hoekom is ek hier
Na wat is ek op soek
Was hier nie ’n klein kafeetjie nie, net hier om die hoek

En waar is die Scala bioskoop, het hulle dit gesloop
Die sinagoge was in die gebou waar jy jou meubels koop
Die Jode het almal weggetrek, die ou mense is dood
En laaities sit nou sonder werk, hul voete in die sloot

Wat maak ek in die dorpie
Hier kan ek nie bly nie
Ek bly nou in Toronto maar Toronto’s nie vir my nie
Die somers is bedompig en die winters is te koud
En jou hele lewe hardloop jy en eendag, eendag, eendag
Eendag is jy oud

Hy stap by die Pandora in, bestel koffie en tjoklitkoek
Hy dink, hier’t ek eers vir Elvis gehoor op ’n jukebox in die hoek
En tussen verlepte varings staan ’n tenk vol goue vissies
En die vrou agter die toonbank
Sy dink haar naam is missies

Wat maak ek in die dorpie
Hier kan ek nie bly nie
Ek bly nou in Toronto maar Toronto’s nie vir my nie
Die somers is bedompig en die winters is te koud
En jou hele lewe hardloop jy en eendag, eendag, eendag
Eendag is jy oud

Hy stap by die Hoogstraat af tot by die Central Hotel
En hy luister na die prediker wat met sy bybel skree en skel
Hy sê die duiwel het ons beet en hy lei ons om die bos
Hy dink, wanneer gaan die spoke
Van die ou, ou dae ons los

Wat maak ek in die dorpie
Hier kan ek nie bly nie
Ek bly nou in Toronto maar Toronto’s nie vir my nie
Die somers is bedompig en die winters is te koud
En jou hele lewe hardloop jy en eendag, eendag, eendag
Eendag is jy oud

Die hek is nog dieselfde maar die stoep is ’n ander kleur
Hy stap oor die Krazy paving
En klop liggies aan die deur
‘n Mooi jong vrou maak effens oop, sy sê, kan ek help meneer
Hy sê, jammer maar ek is ‘n vreemdeling en my hart is in twee geskeur

Hy sê, jammer maar ek is ‘n vreemdeling en my hart is in twee geskeur

Curiosità sulla canzone 'n Man Stap di Laurika Rauch

Quando è stata rilasciata la canzone “'n Man Stap” di Laurika Rauch?
La canzone 'n Man Stap è stata rilasciata nel 2002, nell’album “Vier Seisoene Kind”.
Chi ha composto la canzone “'n Man Stap” di di Laurika Rauch?
La canzone “'n Man Stap” di di Laurika Rauch è stata composta da DAVID KRAMER.

Canzoni più popolari di Laurika Rauch

Altri artisti di Schlager music