Stille Waters

Jy’t gesê ons liefde
Sal bly staan
Al tuimel al die berge
In die oseaan
Doen vir my ‘n gunsie
Voor jy gaan
Gooi vir my ‘n klippie
‘n Klippie in die oseaan

Wie sal ooit die liefde
Kan verstaan
Nader as ‘n hartklop
Verder as die maan
Daar is ‘n tyd van kom
En ‘n tyd van gaan
Dit het ek gelees maar
Hoe sal ek dit ooit verstaan

En kyk hoe sak
Die sekelmaan
In die stille oseaan
Stille waters, diepe grond
Onder draai die duiwel
Onder draai die duiwel rond

Miskien is liefde net ‘n fantasie
Dis nie alles maanskyn en rose nie
Jy was vir ‘n rukkie
Aan my sy
Was jy net ‘n bietjie
Net ‘n bietjie lief vir my

Miskien is daar ‘n plek vir ons twee saam
Anderkant die berge
Van die maan
En as die maan weer opkom
Sal ek onthou
Ek was vir ‘n rukkie
Ook ‘n bietjie lief vir jou

Ek was vir ‘n rukkie
Ook ‘n bietjie lief vir jou

Curiosità sulla canzone Stille Waters di Laurika Rauch

In quali album è stata rilasciata la canzone “Stille Waters” di Laurika Rauch?
Laurika Rauch ha rilasciato la canzone negli album “Die Gang” nel 1992, “Grootste Treffers, Volume II” nel 1996, “19 Treffers van 21 jaar” nel 1999, “My Ou Tante Koba” nel 2004, e “sing die liedjies uit: Stuur Groete aan Mannetjies Roux” nel 2011.

Canzoni più popolari di Laurika Rauch

Altri artisti di Schlager music