Stemme In Die Môre

Ek hoor nog somtyds stemme in die môre
‘n Fluistering van vreemdes uit ‘n ver verlore nag
En langsaam word ‘n oerdroom weer gebore
In skemerings van skimme teen ‘n skemerende dag

‘n Nuwe lig
‘n Vergesig

Iewers is daar nog ‘n plek van vrede
Iewers is daar aan ‘n wilde kus, ‘n oord van rus
Iewers in ‘n land van lank gelede
Waar alles oud en onveranderd is

Elke dag beloof ‘n nuwe hawe
Telkens is daar vaste grond in sig in oggendlig
Elke aand word elke droom begrawe
Maar dan een môre keer die stemme terug
Sien ek van die brug in later lig ‘n ou gesig
Net horison op horison

Iewers is daar nog ‘n plek van vrede
Iewers is daar aan ‘n wilde kus, ‘n oord van rus
Iewers in ‘n land van lank gelede
Waar alles oud en onveranderd is

Elke dag beloof ‘n nuwe hawe
Telkens is daar vaste grond in sig in oggendlig
Elke aand word elke droom begrawe
Maar dan een môre keer die stemme terug
Sien ek van die brug in later lig ‘n ou gesig
Net horison op horison

Curiosità sulla canzone Stemme In Die Môre di Laurika Rauch

In quali album è stata rilasciata la canzone “Stemme In Die Môre” di Laurika Rauch?
Laurika Rauch ha rilasciato la canzone negli album “Vir Jou” nel 1983 e “Grootste Treffers, Volume II” nel 1996.

Canzoni più popolari di Laurika Rauch

Altri artisti di Schlager music