Skatkiskaart

Nog ’n jaar is verby as die einde sy sin kry
As die laaste maand sy tekens begin wys
Weet ek waar ek gaan na die begin van ons ontstaan
Na water se teenwoordigheid

Water groter as ’n dam, meer sand as ’n woestynland
En baie meer vis
Waar baie skatte rus

Waar die bome skeef gewaai staan, waar die see die land ontmoet
Waar die paaie almal doodloop, waar die Suidoos hom uitwoed
In die Ouskipkaravaanpark met ’n skatkiskaart wat wys
Waar ons tent opgeslaan staan, dis waar ons ons skat sal kry

Du Plessisstraat aan die suid punt van die Kaap
Is ’n leidraad om daar uit te kom
Tentpenne in die grond, ’n afdak teen die Kaapse son
En ’n skuiling teen die wind waar jy ons tweeman tent sal vind

Weggesteek in stilte berbloem in geluk
Rustig met nul mense net ons twee op die wye see gerig

Waar die bome skeef gewaai staan, waar die see die land ontmoet
Waar die paaie almal doodloop, waar die Suidoos hom uitwoed
In die Ouskipkaravaanpark met ’n skatkiskaart wat wys
Waar ons tent opgeslaan staan, dis waar ons ons skat sal kry

As jy strand op stap
As die wind jou vat
As die see jou roep
As die berg jou groet

As ek my liefde vir jou kon weeg
Sou dit swaarder as die sout van Melkbos wees
Dis waar ons ons skat sal kry

Curiosità sulla canzone Skatkiskaart di Laurika Rauch

Quando è stata rilasciata la canzone “Skatkiskaart” di Laurika Rauch?
La canzone Skatkiskaart è stata rilasciata nel 2007, nell’album “’n Lekker Verlang Liedjie”.

Canzoni più popolari di Laurika Rauch

Altri artisti di Schlager music